Andesgemeenskap

Vlag van die Andesgemeenskap
Lidlande van die Andesgemeenskap
Lidmaatskap van die Andesgemeenskap: ██ Lede ██ Geassosieerde lede ██ Waarnemers
Die hoofkantoor van die Andesgemeenskap in Lima, Peru

Die Andesgemeenskap (Spaans: Comunidad Andina, CAN) is 'n vryhandelsone tussen Bolivië, Colombia, Ecuador en Peru. Die handelsblok is in 1969 met die ondertekening van die Cartagena-ooreenkoms onder die naam 'Andespact' tot stand gebring. Die Andesgemeenskap is een van die twee belangrike Suid-Amerikaanse handelsblokke. Die hoofkantoor van die Andesgemeenskap is in Lima, Peru, gesetel en die amptelike tale is Spaans, Aymara en Quechua.

Die Andesgemeenskap en Mercosur (doeane-unie tussen Brasilië, Argentinië, Uruguay, Paraguay en Venezuela) begin in 1999 om oor die samesmelting van die twee organisasies te onderhandel. Op 8 Desember 2004 word die nuwe organisasie gestig as die Suid-Amerikaanse Stategemeenskap, 'n vryhandelsone gebaseer op die Europese Unie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search